Eredienste

Tuisblad

           

 

Oggend Eredienste 9h30 elke Sondag.

Aanddienste 18h00 behalwe gedurende skoolvakansies, langnaweke en gedurende die middel Winter maande.

L I G D R A E R S 
Visie van die Gemeente
Om as LEWENDE EN LIEFDEVOLLE 
LIGDRAERS ons IDENTITEIT met 
INSPIRASIE en INTEGRITEIT alleen 
op grond van GOD se GENADE, uit te leef
in die gemeente en in die gemeenskap.

Missie van die Gemeente
Ons wil as Gemeente van Standerton
LEWENDE en LIEFDEVOLLE LIGDRAERS wees deur ons IDENTITEIT met INSPIRASIE en INTEGRITEIT alleen op grond van GOD se GENADE uit te leef.
Dit wil ons doen deur DOELGERIG en DINAMIES, ons REDDING en ons ROEPING,
deur middel van ons daaglikse AANBIDDING en ARBEID tot eer van God te verrig.
Deur die krag van God wil ons met EENSGESINDHEID, EERLIKHEID en EFFEKTIWITEIT REGEERDERS vir Hom wees in die wêreld deur STANDVASTIG te wees in die waarheid van die SKRIF.
Ligdraers -
-Moet in die eerste plek glo en besef dis Christus se lig wat in ons skyn
-Moet die duisternis van hierdie wêreld verlig deur die evangelie te leef
-Moet God se waarheid bekend maak in die wêreld
-Moet met eerbied en ontsag as verloste mense lewe
-Moet lewende en liefdevolle offers in diens van God wees
Mag ons as Gemeente saam aan hierdie visie werk en mag ons die bereidheid hê om elke
geleentheid wat God ons gee met volle oorgawe te benut.